
=====================================================================
'n Positiewe taaltoekoms (AV 4:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


'n Positiewe taaltoekoms

Elf jaar gelede het Clem Sunter van Anglo American se opsienbarende boeke begin verskyn waarin hy deurdagte scenario's uitgespel het vir 
die wreld- maar ook vir Suid-Afrika. Hier kyk hy na Suid-Afrika se taletoekoms.

TAAL bly steeds 'n sensitiewe saak. Trouens, die intense gevoel wat mense vir hul taal voel, spruit uit die persepsie dat taal 'n baie 
belangrike deel van hul identiteit en herkoms uitmaak. Daarom dat die Gaeliese taal 'n betekenisvolle herlewing toon in plekke sos Wes-
Skotland en Wallis. Dit is die medium waardeur Skotte en Walliesers, wat op hul Keltiese herkoms trots is, hulle kan onderskei van ander, 
Engelssprekende inwoners van die Britse Eilande. In Cornwall word selfs die Corniese taal moeitevol teruggebring deur plaaslike 
taalgenootskappe en skole.

Juis omdat taal die krag het om identiteit te bepaal, kan dit natuurlik ook 'n verdelende uitwerking h. In Kaliforni en Florida is 
Amerikaners bekommerd dat hul smeltpot-teorie in gevaar gestel word deur mededinging tussen Engels en Spaans. 'n Beweging het ontstaan om 
Spaans as tweede amptelike taal in die Verenigde State erken te kry. Namate Engelssprekende Amerikaners plek-plek in die suidelike state 'n 
minderheid word, gaan dit moeilik wees om die aantog van Spaans te stuit.

Switserland is 'n voorbeeld van 'n land waar sprekers van verskillende tale reeds sewehonderd jaar lank in vrede saambestaan. Nie Belgi 
nie, waar Vlaminge en Wale nog nie 'n werklik vreedsame saambestaan kon vestig nie: die vonke spat af en toe, maar die hitte styg nie tot 
die vlak van die godsdienstige verskille in s maar Noord-Ierland of die Midde-Ooste nie.

Quo vadis dus met Afrikaans in Suid-Afrika? Dit is die eerste taal van sowat 6 miljoen Suid-Afrikaners, net meer as 12 persent van die 
totale bevolking, en het dus 'n sterk basis. Alleen om hierdie rede is daar geen kans dat dit in die voorsienbare toekoms sal uitsterf nie. 
Dit is 'n absolute skande dat so 'n lewenskragtige taal, wat soveel dinge beter uitdruk as enige ander taal, gekoppel moes wees aan 
apartheid. Ongelukkig is dit vanselfsprekend dat hierdie persepsie tans algemeen by swart mense bestaan. Met die jare sal di persepsie 
verflou.

Nelson Mandela het 'n ongelooflik goeie voorbeeld gestel deur by gepaste geleenthede Afrikaans te praat.   Boonop het die ANC 'n 
suksesvolle beleid van "leef en laat leef" geloods vir al die tale wat nou in Suid-Afrika gebruik word. Ek twyfel nie dat Mandela se 
opvolgers hierdie beleid sal voortsit nie, omdat enige ander beleid die eenheid van Suid-Afrika in gevaar sou stel (om redes wat ek elders 
gestel het in 'n beskouing van wreldtendense). Met ander woorde: ek sien geen scenario waarin Afrikaans of enige ander plaaslike Afrika-
taal aktief onderdruk word ten einde mense aan te moedig om Engels as hul enigste taal te gebruik nie.

Nietemin verander dit niks aan die feit dat markkragte die oorwig van gesproke Engels teenoor gesproke Afrikaans gaan verander nie. Een van 
die spelrels van die wreldekonomie is globalisasie. Weens moderne kommunikasietegnieke en steeds groeiende internasionale handel en 
belegging leef ons al hoe meer in 'n wrelddorp, 'n "global village". As gevolg van die geweldige slaankrag van Amerikaanse multinasionale 
maatskappye in hierdie "dorp" is die wreldwye neiging dat die saketaal oor grense heen Engels is. Dalk sal dit verander namate die Chinese 
ekonomie in die volgende eeu Amerika inhaal, veral aangesien een vyfde van die wreldbevolking tans Chinees is. Maar op die oomblik kraai 
Engels koning.

Ondanks beperkte internasionale belegging tot dusver in Suid-Afrika is globalisasie reeds besig om ons ekonomie te oorspoel. Hierdie feit 
sal onvermydelik die mengsel van gesproke taal hier benvloed, en dui spesifiek op 'n toekomstige voorkeur vir Engels.

Ook sal die mark bepaal hoeveel Afrikaanse skole en universiteite sal oorleef. Dit is wel moontlik dat, soos in die geval van die 
Walliesers en die sprekers van Cornies, 'n oorweldigende drang sal posvat om die taal te behou, wat op sy beurt sal lei tot sterk, 
standhoudende sekondre en tersire instellings wat jong mense deur medium van Afrikaans sal oplei. Indien sulke instellings egter 
gekonfronteer word deur dalende leerling- en studentegetalle, sal hulle straks voorkeur gee aan 'n dubbelmedium- of selfs in die geheel 
oorskakel na Engels.

My slotsom in hierdie kort artikel is dat taal steeds 'n sensitiewe aangeleentheid sal bly. Die metode om daardie sensitiwiteit te 
verminder, is om mense op 'n individuele grondslag te laat kies watter taal hulle wil praat en watter taal hulle wil h hul kinders moet 
praat. Soos elders in die wreld sal ons eentalige, tweetalige en veeltalige burgers h (met Engelssprekendes goed verteenwoordig in die 
eentalige groep). Met inagneming van die wreldneiging dat mense hul wortels wil behou terwyl hulle deel van die "wrelddorp" bly, meen ek 
dat Afrikaans 'n baie positiewe toekoms het.

Maar Afrikaners sal ook Engels praat.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av422.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 1997 /// Afrikaanse sektor moet in rat kom (AV 4:2) /// 'n 
Positiewe taaltoekoms (AV 4:2) /// Staan Afrikaans sy man oor die lug? (AV 4:2) /// SAG begin wins sien (AV 4:2) /// Tale word digterlik 
saamgebind (AV 4:2) /// Laat Afrikaans soos kakiebos woeker (AV 4:2) /// Afrikaans en 'n taalplan vir Suid-Afrika (AV 4:2) /// Keuses word 
nou vir en in Afrikaans gemaak (AV 4:2) /// Moedertaalonderrig is belangrik (AV 4:2) /// Staan nader -- daar's hoop! (AV 4:2) /// Hoekom 
stry? (AV 4:2) /// Zoo leert men ... Afrikaans (AV 4:2) ///

